- Curro Hazeldean Hoërskool,Ridge Laan 1, Hazeldean, 0181
- +27827597366

Al ons preke is op ons webblad sowel as op YouTube beskikbaar
ONS PREKE


Kerk Aanlyn
Lewende Woord Hazeldean volgende aanlyn-kerkbyeenkoms is:
00
Dae
:
00
Ure
:
00
Minute
:
00
Sekondes
00
Dae
:
00
Ure
:
00
Min
:
00
Sek
Oorsig
’n Familie waar elkeen behoort
Lewende Woord Hazeldean is ‘n familiekerk waar elkeen (oud, jonk, enkellopend, getroud of geskei) sal tuis voel!

Ons Mandaat
Lewende Woord se Mandaat is: Kan ‘n nasie na die Here terugkeer? Jou antwoord bepaal jou betrokkenheid.
Ons sê ‘JA’! Wat is jou antwoord?

Ons Visie
Die vestiging van ‘n liefdevolle, Woordgefundeerde Koninkryksgemeenskap
By Lewende Woord Hazeldean fokus ons spesifiek op Liefde, die Woord en Familie.
Ons Missie
Om passievole daders van die Woord van God te wees
Ons Span

Johann & Heidemarie Kasselman
Herderspaar

Ig en Louise Bredenkamp
Leierspan

Hercules en Hannelie Huyser
Leierspan

Henning en Hermien Ras
Leierspan

Zandré en Anzette Marx
Leierspan
Preke
Al ons preke is op ons webtuiste sowel as op YouTube beskikbaar.
Kliek hieronder om na ons preke te gaan.
Aktiwiteitskalender
Loer gerus hier vir ons spesiale geleenthede, funksies en kursusse!
Kruis-Kidz

Sondae 09:00 – 10:30
(Die kinders is saam met die ouers in die hoofdiens tydens die lof en aanbidding (09:00-09:30)
Basic Blocks
Ons bied ‘n Moederskamer, oulike speelarea vir onder-3-jariges in die voorportaal, en oorfone vir ouers om die diens te volg.
Mini Blocks
Spesiale klassie vir 3-6-jariges met prettige, ouderdomsgepaste liedjies, lessies, aktiwiteite en kunshandwerk.
Mega Blocks
Klas vir 7-13-jariges, met liedjies, uitgewerkte lesse, praktiese aktiwiteite en kunshandwerk
Meer Inligting
Living Youth / Tiernerkerk

Ons het ‘n passie vir ons tieners en ons hart is dat die Here se plan met elke jongmens se lewe in vervulling sal kom!
Ons reik uit na ons jongmense d.m.v. opwindende jeugaande waar ons saam eet en fellowship. Ons beplan awesome geleenthede vir die toekoms!
Ons gee ons algehele toewyding en getrouheid aan die visie, missie en kernwaardes van Lewende Woord.
TOEWYDING
Ons is voortdurend daaraan toegewy om onderlinge Goddelike eenheid te bewaar en enigiets te vermy en teë te staan wat onenigheid en verdeeldheid bevorder.
EENHEID
Ons ag elke persoon as in die beeld van God geskape te wees en glo dat onvoorwaardelike liefde en respek aan hulle betoon behoort te word, ongeag van hul geslag en kulturele of sosiale status.
RESPEK
Ons sal ten alle tye in eerlikheid, opregtheid en integriteit ten opsigte van ons verhoudinge, finansies, tyd, hulpbronne en verantwoordelikhede wandel.
INTEGRITEIT
Ons sal ten alle tye God se gesindheid van liefde en genade teenoor alle mense openbaar.
LIEFDE & GENADE
In alles wat ons doen, openbaar ons ‘n gesindheid van nederigheid en diensbaarheid.
DIENSBAARHEID